Halali Etosha | Temba Tuis | Navrae    


HALALI ETOSHA

Die sentrale ruskamp in Etosha Nasionale Park.

BOOK NOW AND ONLY PAY 5% ON YOUR BOOKING

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU >>


Vir piek seisoen kontak asseblief tubby@temba.co.za vir besprekings of skakel +27 (0)21 8550395


Halali Etosha - Algemeen

Halali-ruskamp in die Etosha Nasionale Park is vernoem na die Duitse woord vir die beuelklank wat die einde van ‘n jagtog aankondig, maar vandag is die soeke na die perfekte foto al wat hier gejag word.

Terwyl Okaukeujo en Namutoni sentrale watergate met spreiligte het, moet jy by Halali ‘n klein entjie stap tot by ‘n uitkykpunt waar jy die perfekte uitsig het op die diere wat kom drink. In die gebied om Halali is daar ook ‘n aantal watergate waar jy die diere kan kom dophou.

Die Ligging

Die kamp is halfpad tussen Namutoni en Okaukeujo Kampe geleë en lê aan die voet van ‘n dolomietheuwel, wat nogal tipies vir hierdie streek in Namibië is.

 

Akkommodasie

By Halali word akkommodasie in 2 selfsorg-gesinseenhede, 10 tweeslaapkamer chalets, 10 eenslaapkamer chalets, 40 dubbelkamers en 5 “premier bush chalets” verskaf. Alle chalets en kamers het lugversorging, en is en suite en toegerus met ‘n yskas.

Die gesinseenhede en twee slaapkamers, ‘n toegeruste kombuis, afsonderlike sitkamer en buite-braaigebied onder skaduwee. Die tweeslaapkamer chalets by Halali het elkeen ‘n oopplan sitkamer/kombuis en ‘n braaigebied, terwyl die eenslaapkamer chalets geen kosmaak- of braaigeriewe het nie. Die chalets het almal glasskuifdeure, sodat jy die vrede en rustigheid van Namibië se ongerepte veld kan belewe selfs wanneer jy binnenshuis is. Die “premier bush chalets” spog elkeen met ‘n jacuzzi, privaat tuin, tee-/koffie-stasie en yskas.

 

 

 

Honeymoon Suite

Die “Honeymoon Suite” spog elkeen met ‘n jacuzzi, privaat tuin, tee-/koffie-stasie en yskas.

 

 

Aktiwiteite

Die sentrale gedeelte van die Halali-ruskamp huisves ‘n winkel (wat boeke, die nodigste kruideniersware en aandenkings verkoop), ‘n restaurant, kroeg en swembad.

Die kamp bied staptogte aan vir diegene wat die Namibiese veld van naderby wil beleef. Alhoewel Etosha Nasionale Park eintlik daarop gerig is dat gaste self bestuur om wild te besigtig, bied Halali-ruskamp begeleide oggend-, middag- en nagritte aan.